Search
  • You have no bookmark.

Your Wishlist : 0 listings

Sign In
43
km van Dundee
72
km van Vryheid
64
Ossewaens in die laer

Description

Op die aand van 15 Desember lê Sarel Cilliers vir die eerste keer die Gelofte met ’n Bybel in die hand af. Die Voortrekkers het ’n wonderwerk nodig gehad: om ’n veldslag van 464 man teen 16 000 magtige Zoeloe-krygers te oorwin. Die oorwinning van die Voortrekkers word deur baie vandag as ’n wonderwerk en ingryping van Bo beskou. ’n Groot mislaag om die laer het die Zoeloes mislei en gemaak dat die laer nie gesien kon word nie. Teen dagbreek was die Voortrekkers gereed om aan te val. Duisende Zoeloe-krygers is deur die Voortrekkers se wapens die rivier ingedryf in ’n poging om te ontsnap. Daar word vertel dat die rivierwater rooi gekleur het van die krygers se bloed.

Kom beleef self en sien in jou geestesoog:

  • Die spesifieke plek waar die bekende Gelofte op 15 Desember 1838 afgelê is
  • Een van die uniekste slagvelde in Suid-Afrika
  • ’n Museumuitstalling wat die geskiedenis van Bloedrivier vertel
  • ’n Unieke brons walaer wat die oorspronklike laer en ligging voorstel, asook ’n granietwa-monument
  • ’n Uitstalling oor die Zoeloekultuur oorkant die rivier by die Ncome-museum
  • ’n DVD in die museum oor die Slag van Bloedrivier, 16 Desember 1838

Die Voortrekkermonument bestuur die terrein sedert 2002. Besoekers kan uitsien na ’n interessante besoek aan die verskillende monumente op die terrein, die museum, die geskenkwinkel, die gastehuis met vier en suite-slaapkamers en die Trekkerkombuis-restaurant wat rus en voedsel vir liggaam en siel bied.

Wat is beskikbaar op die terrein?

Die Smouswa-geskenkwinkel
Die Trekkerkombuis-restaurant: Ontbyt, middagete en aandete kan bespreek word. Groepetes vir bv. Sondagmiddae kan ook bespreek word.
Tradisionele boerekos
Oornagfasiliteite (4 en suite-kamers)
Bed en ontbyt
Kampeerplek met kragpunte en warm water in die ablusiegeriewe asook plek om skottelgoed te was.

Accommodation

 140.00 / night

Bronswalaer

Max Guests: 2 persons
Bloedrivier se bronswalaer bestaan uit 64 ossewaens wat in ’n laer getrek is op dieselfde plek ...
 100.00 / night

Die Sarel Cilliers Geloftesaal

Max Guests: 100 persons
School groups with their own sleeping bags are welcome to spend the night. Prior booking is ...
 500.00 / night

Gastehuis

Max Guests: 11 persons
Enjoy a delicious “boere ontbyt”.
 100.00 / night

Kampterrein

Max Guests: 6 persons
Camp site with 154 stands, electricity and warm water in the ablution block with dish washing ...
 400.00 / night

Selfsorgwoonstel

Max Guests: 6 persons
Bloedrivier se selfsorgwoonstel het twee slaapkamers wat elkeen toegerus is met twee ...

Activities

Bird watching Cycling Hiking Mountain biking Quad bikes Kids playground

Items Reviewed - 1

5.0Very Good
Service
5.0
Friendliness
5.0
Cleanliness
5.0
Visit Again?
5.0
Izak

Izak

5

How is the security situation at the camp sites please and thank you.(caravan park)
Hoe is die sekuriteit situasie by die kamp plek asseblief en dankie. (karavaan park)

Add Review

Your email is safe with us.
Service
Friendliness
Cleanliness
Visit Again?
5.0 Your Score

    Booking Enquiry

    Terms of Use

      Contact Us

      Terms of Use