Location / Contacts
Description
Ons het die mooiste Opelug teater in die wêreld!! (Sê die mense wat weet, nie ONS nie!!) So, kom kyk of jy met hulle saamstem wanneer ons een van die konserte hier aanbied!!
Natuurlik kan jy vir verdere vermaak ook een van die verskeie 4×4 roetes aandurf, Rotskuns wandelroete doen, jou Bergfiets saambring, of sommer net die natuurskoon geniet.
Ons ontvang ook graag groepe, spanbousessies na jou behoefte, persoonlike funksies, en voorsien heerlike etes op versoek.
Ons beskik ook oor teater gehalte klank toerusting, video en audio toerusting, ens.
Bushmans Cave bied ook die opsie van oornag kampering met volledige ablusie-geriewe, waar die storte wat in die ope lug tussen die rotse is, n baie besonderse ervaring is. En vir diegene wie NIE kampering doen nie, is daar 13 Huisies beskikbaar (sowat 45 beddens) waar ons jou kan akkommodeer as jy betyds bespreek. Kampering op die plaas Oude Muur, sowat 8 km vanaf die Bergteater.
Kom besigtig ook ons wild wat nou gevestig is, op van die 4×4 roetes. En natuurlik is een van die gewildste items wat ons hier aanbied, die troues by die Bergteater!!
Ons doen alles en stres namens jou, jy ontvang net die komplimente!!
Accommodation

Add Review