Waterberg Farmstay
Location / Contacts
- Address : R517, South Africa
- Phone : +27 (0)82 373 1022
- Mail : waterbergfarmstay16@gmail.com
Description
Waar pret en plaaslewe saamvloei!
Geniet selfsorgakkommodasie en kampeergeriewe op die oewer van die Mogolrivier.
Netjiese, goedversorgde geriewe. Linne, eetgerei, handdoeke en volledig toegeruste kombuisgeriewe word voorsien.
Ons uitgestrekte, groen grasperke bied volop ruimte en geleenthede vir kampe. Die skilderagtige staproetes, met verskillende afstande, is ideaal vir oud en jonk.
Die Kleinsaal bied plek vir tot 80 gaste en is ideaal vir troues, jaareindfunksies, spanbou-aktiwiteite, vergaderings en kerkkampe. Spyseniering en dekor vir troues moet self gereël word. Drapering en fairy lights is by die venue ingesluit. Stoele, tafels, eetgerei en kombuisgeriewe word voorsien.
Grootsaal
’n Groter saal is ook beskikbaar vir groepe van tot 130 gaste. Kontak asseblief bestuur vir meer inligting.
Die kombuis is volledig toegerus met alle nodige kombuisware en breekware om funksies te ondersteun.
Waterberg Farmstay bied nie self spyseniering aan nie; daar is egter betroubare diensverskaffers in Vaalwater waarna ons gaste kan verwys vir spyseniering, platejoggies en verwante dienste.
Selfsorg is ook ’n opsie en kan gerus benut word.
Accommodation

En-Suite Kamers
Max Guests: 5 persons

Kampering
Max Guests: 4 persons


Add Review