
Kampering
Daar is 40 kampeerstaanplekke beskikbaar op pragtige grasperke, meestal met voldoende skadu.
Kampering: Tarief per nag vir 4 persone.
Ekstra persone word per nag gehef, tot ’n maksimum van 6 persone per staanplek.
Elke staanplek is toegerus met ’n kragpunt (bring asseblief ’n 20 m-kragkabel).
Soliede grondseile word nie op gras toegelaat nie.
Dometente met ’n vaste vloer moet elke derde dag geskuif word.
Elke staanplek beskik oor ’n braaigerief, asblik en ’n waterpunt naby.
Vier volledige, netjiese ablusiegeriewe met ’n opwasarea vir skottelgoed is beskikbaar.




Add Comment